Welkom by ons klaskamer!
Graad 1 Afrikaans Huistaal Lees en Verstaan
Een boekie. Vier kwartale. 32 leesstukke. Volledige beplanning, ondersteuning, assessering én ’n memo!
Hierdie omvattende 72-bladsy boekie bevat 32 unieke leesstukke vir die hele jaar – agt leesstukke per kwartaal.
Dit is meer as net leesstukke en vrae! Volledige beplanning, onderwyserondersteuning, differensiasie, assessering en ’n aparte memo word ook ingesluit.
Elke leesaktiwiteit bevat
Die boekie sluit ook die volgende in:
Leerders kry oefening in voorspelling, belangrike besonderhede, volgorde, oorsaak en gevolg, probleem en oplossing, hoofgedagtes, woordbetekenis, eenvoudige afleidings en teksbewyse.
Verskillende tekstipes word ingesluit.
Die boekie is geskik vir gedeelde lees, begeleide lees, paarlees, onafhanklike lees, huiswerk, vaslegging en informele assessering.